Permanent
Boekhouer
Huis Uitvlucht
Unknown, Western Cape
unknown
About this role
Employer: Huis Uitvlucht
BOEKHOUER
Huis Uitvlucht, Montagu
Huis Uitvlucht is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:
* Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans
* Maandelikse opstel van finansiële state
* Opstel van begrotings
* Finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge)
* Salaris administrasie en statutêre opgawes
* Betaalpunt vir inwoner pensioene
* Administratiewe- en sekretariële pligte
* Bereken, indien en administrasie van BTW opgawes
Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en toepaslike syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Akkuraatheid en vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Pastel en VIP, word vereis.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftree skema, asook ruim verlof.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 06 Mei aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, epos: mhb@badisa.org.za