Permanent
SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER:TAFELDRUIWE (X2)
Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Unknown, Unknown
unknown
About this role
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende vrugteprodusent in die Benede-Oranjerivierstreek het die volgende geleentheid beskikbaar vir ʼn self-gedrewe kandidaat om verantwoordelik te wees vir die bestuur van ʼn produksie-eenheid van ongeveer 70 hektaar, wat as ʼn selfstandige winsgewende eenheid bedryf moet word.
SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE (x2)
AUSSENKEHR, NAMIBIË
Vereistes:
- Naskoolse kwalifikasie in Landbou (met vakke soos Wynbou / Plantfisiologie / Grondkunde) met minimum 5 jaar toepaslike ondervidning in die bestuur van n tafeldruif eenheid.
- Sterk tegniese kennis binne ’n landbou-omgewing
- Geldige rybewys
- Rekenaarvaardig
- Goeie syfervaardighede
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Vermoë om selfstandig sowel as in spanverband te werk
- Goeie leierskapsvaardighede met sterk probleemoplossingsvermoë
Verantwoordelikhede sluit in:
- Onafhanklike bestuur van produksie-aktiwiteite
- Kostebestuur
- Personeelbestuur
- Opleiding en ontwikkeling van personeel
- Bestuur van bates en risiko’s
- Omgewingsbestuur
*Voorkeur sal gegee word aan kandidate met Namibiese burgerskap.
’n Mededingende vergoedingspakket, in lyn met kwalifikasies en ondervinding, word aangebied.
Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing MNST aan recruitment@ovdm.co.za voor 29 April 2026.
*Indien u nie binne 3 weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.*