Permanent
SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER:TAFELDRUIWE
Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Unknown, Northern Cape
unknown
About this role
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif & sitrus groep beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke individu met ʼn passie vir boerdery om by hul suksesvolle bestuurspan aan te sluit.
SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE
AUGRABIES OMGEWING
Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van hardwerkende selfgedrewe kandidate wat oor goeie ondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing beskik, ondersteun deur minimum 10 jaar toepaslike ondervinding, om ʼn produksie eenheid direk onder hoofbestuur te bestuur.
- ‘n Toepaslike landboukwalifikasie sal as aanbeveling dien.
- Bogemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Goeie rekenaar- en rekordhoudingvaardigheid met kennis van gehaltebestuurstelsels (GLOBALGAP / SIZA )
- Ondervinding in alle aspekte van pakstoor bestuur.
- Sterk tegniese en basiese meganiese agtergrond.
- Kennis / ondervinding van Sitrus produksie / verbouing sal as aanbeveling dien.
Pligte sal onder meer behels:
- Volledige bestuur en hervestiging van tafeldruif produksie eenheid.
- Bestuur van pakstoor, wat insluit alle aspekte van arbeids-, gehaltebestuur, besproeiing, bemesting en bespuitings.
- Maksimalisering van kwaliteit produksie.
Daar word ʼn markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die tafeldruifbedryf aangebied.
*ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD*.
Stuur CV, met verwysing MSPO, voor 27 April 2026 aan recruitment@ovdm.co.za
*Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.*