Permanent
VERKOOPSVERTEENWOORDIGER
Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Upington, Northern Cape
unknown
About this role
Employer: Orffer & Van Der Merwe Human Resource Practitioners
Ons kliënt is op soek na ’n energieke en doelgerigte individu wat verantwoordelik sal wees vir die bevordering van hul produkte en die uitbreiding van verkope binne die kleinhandel- en verfmark. Die ideale kandidaat moet gemaklik wees om met kliënte te werk, verhoudings te bou en nuwe geleenthede te ontwikkel.
VERKOOPSVERTEENWOORDIGER
UPINGTON OMGEWING
Vereistes:
+ Ten minste 3 jaar ondervinding in verkope (verkieslik as ’n verteenwoordiger of binne ’n hardeware-/kleinhandelomgewing)
+ Sterk probleemoplossingsvermoë en ’n selfgedrewe, dinamiese persoonlikheid
+ Vlot in Afrikaans en Engels
+ Geldige rybewys
+ Bereid om gereeld te reis en uit te slaap
Verantwoordelikhede:
+ Uitvoer en ondersteun van bemarkings- en promosie-inisiatiewe
+ Groei en ontwikkeling van verkope binne kleinhandel verfafdelings
+ Opleiding en advies aan kliënte rakende produkte en gebruik
+ Bestuur van die volledige verkoopsiklus, van navraag tot afsluiting
+ Monitor markneigings, mededingers en opstel van akkurate verkoopsvooruitskattings
Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing MVVU voor 22 April 2026 aan recruitment@ovdm.co.za